top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Dienste by Pelonomi en Universitas gaan soos normaalweg voort

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025
1 min read

Nie net sal dienste by beide die Pelonomi en Universitas Hospitale in Bloemfontein normaalweg voortgaan nie, die privaat-openbare vennootskap is ook veilig en operasioneel.


Dit volgens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse Departement van Gesondheid.


‘n 23-jaar oue vennootskap tussen die gesondheidsdepartement en Netcare, wat einde November tot ‘n einde sou kom, se kontrak is met twee jaar hernu.


Tydens die vennootskap is Pelonomi se nood- en traumafasiliteite opgegradeer, en het dokters deurlopend opleiding ontvang.


Intussen werk die departement nou saam met die Nasionale Tesourie en Departement van Gesondheid om ‘n langtermyn plan te finaliseer.


FOTO: PlacementPal
FOTO: PlacementPal

 
 
 

Comments


bottom of page