Diewe buit juwele helder oordag uit die Louvre-musuem
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 20, 2025
- 1 min read
In net ongeveer sewe minute het rowers met kettingsae by die Louvre-museum in Parys in Frankryk ingebreek en etlike stelle waardevolle juwele gebuit.
Maroela Media berig die inbraak het laat gisteroggend gebeur. Geen besoekers of personeel van die museum is tydens die rooftog beseer nie. Die museum is hierna vir die res van die dag gesluit, terwyl daar na die verdagtes gesoek word.
Die polisie het wel later ʼn kroon wat aan keiserin Eugenie, Napoleon III se vrou, behoort het, teruggekry. Die kroon, wat 1 354 diamante en 56 smaragte bevat, was beskadig.
Volgens die Franse minister van binnelandse sake het die rowers die meubelhyskraan gebruik om van die juwele in twee vertoonkaste in die Apollo Galery te steel.







Comments