Diewe is op heterdaad in Fichardtpark betrap
- Armando Pieters

- Jul 8
- 1 min read
Twee mans is op heterdaad betrap toe hulle na die toneel van ‘n vorige diefstal by ‘n huis in Fichardtpark teruggekeer het. Netwerk24 berig volgens Luitenant kolonel Thabo Covane het die twee vermeende diewe die volgende dag teruggekeer nadat hulle die naweek ‘n besproeiingstelsel uit die erf in Moffettstraat gesteel het. Dié keer is ‘n solenoïed-skakelaar, ‘n kamera en ander items uit die erf gevat. Luidens ‘n plasing op die Fichardtpark-woonbuurtvereniging se Facebook-blad het hulle en die veiligheidsmaatskappy Senforce een van die verdagtes op heterdaad betrap. Die tweede verdagte het probeer vlug, maar hy is in Oldfieldstraat vasgetrek. Covane sê ‘n saak van diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom is by die Parkweg-polisiekantoor geopen. Daar word vermoed dat die twee ook by ń reeks ander misdade betrokke is.





Comments