top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Dit is boere se grondwetlike reg om hul gesinne te verdedig'

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 9, 2024
  • 1 min read

Die plaasmoord in die Goedemoed-distrik in die Suid-Vrystaat, is ’n herinnering dat plaasaanvalle en -moorde oudergewoonte oor die feestyd toeneem. Volgens die Vrystaatse VF Plus leier, Jan van Niekerk, raak hierdie aanvalle landelike gemeenskappe en eis ‘n onaanvaarbare tol op gesinne. Die VF Plus doen 'n beroep op boere en landelike gemeenskappe om hulself oor die feesseisoen ekstra te beveilig. Geen voorsorgmaatreëls is, volgens ‘n mediaverklaring van die VF Plus, oorbodig nie. Hulle voeg by dat boere binne die raamwerk van die wet mag optree om hulself en hul gesinne te beskerm. Die VF Plus moedig boere aan om hul gesinne- en werkers se lewens te verdedig, soos dit hul grondwetlike reg is.

 
 
 

Comments


bottom of page