top of page

Dodetal na Mianmar aardbewing hou aan styg

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 30
  • 1 min read

Die dodetal in Vrydag se aardbewing in Mianmar het nou tot minstens duisend-644 gestyg, terwyl drie-duisend 400 mense beseer is. Dié syfer is deur die regerende junta in Mianmar bekendgemaak. Honderde buitelandse reddingspanne is in die land. In die buurland, Thailand, het minstens nege mense gesterf. In die Thaise hoofstad, Bangkok, word nog gesoek na 47 mense wat onder die puin van ‘n gebou van 33 verdiepings begrawe is. Die Amerikaanse Geologiese Diens beraam dat die dodetal in Mianmar 10-duisend kan verbysteek. Minstens tweeduisend-900 geboue, 30 paaie en sewe brûe is in puin gelê.

 
 
 

Comments


bottom of page