top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Door of Hope red hul 300ste baba

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 17
  • 1 min read

Die Door of Hope-organisasie het sy 300ste baba deur middel van hul "babareddingsboks" gered.


Die organisasie bied al vir die afgelope 26 jaar 'n veilige plek waar ma's, wat weens armoede, vrees of skande nie hul pasgebore babas wil hê nie, die babas kan neem in plaas daarvan om hulle in 'n gevaarlike agterstraat of asblik te los. Good Things Guy berig 'n pastoor, Cheryl Allen, het amper 30 jaar gelede die konsep bekend gestel van 'n plek waar ma's babas anoniem kan los.


Door of Hope se 300ste baba kom egter op 'n tyd wanneer die voortbestaan van dié babareddingsbokse in gedrang is. Volgens Times Live gaan die wettigheid daarvan in Mei betwis word.


Die Gautengse Departement van Sosiale Ontwikkeling beweer die bokse bevorder baba-verlating, terwyl organisasies soos Door of Hope sê dit bied juis 'n veiliger alternatief.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page