top of page

Drie is vas vir die aanranding van 'n VS boer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Drie verdagtes is op ‘n plaas in Harrismith in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat 'n boer op sy plaas ernstig aangerand is. Die huis is ook beroof.


‘n Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê in 'n verklaring die boer het sy plaas onbeman gelaat terwyl hy 'n werknemer gaan oplaai het. Met sy terugkoms het hy gesien twee skootrekenaars word uit die plaaskantoor vermis.


Hy is terug na die lande waar hy sy werknemer gelos het, wat toe sê hy het drie verdagtes gesien hardloop. Die boer het hulle agterna gesit en gekonfronteer, toe hulle hom aangerand het.


Die drie sal na verwagting Vrydag in die Harrismith-landdroshof verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

Comments


bottom of page