Dringende herstelwerk word aan sleutelroetes in die Vrystaat gedoen
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 25
- 1 min read
Dringende instandhoudingswerk is aan die gang op die R59 tussen Sasolburg en Parys, asook op die roete tussen Kroonstad en Parys.
Central News berig die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer het begin met herstelwerk ná kommer oor die swak toestand van die paaie.
Slaggate en ongelyke padoppervlaktes het veiligheidsrisiko’s vir motoriste ingehou en reis op dié belangrike roetes bemoeilik.
Die R59 en omliggende paaie dien as belangrike skakels tussen die Vrystaat, Gauteng en die Vaaldriehoek, en word gereeld deur pendelaars en vragverkeer gebruik.








Comments