Duisende SA'ers het reeds Trump se uitnodiging vir vlugtelingstatus aanvaar
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Byna 5 000 Afrikaners het luidens berigte reeds ’n uitnodiging van die Amerikaanse president Donald Trump se administrasie aanvaar om vlugtelingstatus in die VSA te verkry.
Amerikaanse owerhede sê 4 499 mense is tussen Oktober en Maart hervestig, waarvan die meeste Suid-Afrikaners is. Die program sal na verwagting tot 7 500 vlugtelinge toelaat, met voorkeur aan Afrikaners.
Die eerste groep van sowat 50 het in Mei verlede jaar in die VSA geland, terwyl meer as 1 300 mense vroeër vanjaar maandeliks hervestig is.








Comments