Duisende skole bedien maaltye uit ongesertifiseerde kombuise
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Meer as 7 000 skole in ses provinsies bedien maaltye aan kinders uit kombuise wat nie as veilig vir voedselvoorbereiding gesertifiseer is nie.
News24 berig dat slegs 1 616 van die byna 8 900 openbare skole wat betrokke is by die Nasionale Skoolvoedingsprogram (NSVP) in hierdie provinsies ’n aanvaarbaarheidsertifikaat het.
Limpopo het die laagste voldoeningskoers, met slegs 167 van 3 472 skole wat gesertifiseer is.
Intussen het geeneen van die skole in vier distrikte in die Oos-Kaap die vereiste sertifikaat nie.
Ongeveer 19 000 leerders ontvang daagliks kos deur die NSVP, wat ’n begroting van R10.3 -miljard vir die 2026/27 finansiële jaar het.








Comments