top of page

Dwelmmisbruikkrisis kwel samelewing diep

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 24
  • 1 min read

Die voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling, Bridget Masango, sê die dwelmmisbruikkrisis kwel die samelewing diep.

Volgens Masango ontvang die Sentrale Dwelmowerheid, wat geskep is om die krisis aan te spreek, nie genoeg fondse en ondersteuning nie.

Sy het kommer uitgespreek oor die owerheid se finansiële afhanklikheid van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.

Sy sê dit ondermyn die owerheid se vermoë om onafhanklik te funksioneer.

Masango sê die afwesigheid van ‘n toegewyde begrotingslynitem vir die Sentrale Dwelmowerheid maak dit ook ongeskik vir die doel.

LUISTER:

 
 
 

Comments


bottom of page