Edenburg pastoor is skuldig aan verkragting en aanranding
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 26, 2025
- 1 min read
’n Pastoor van Edenburg is in die streekhof skuldig bevind aan twee aanklagte van verkragting en een van seksuele aanranding. Volgens ’n polisieverklaring het ’n 12-jarige slagoffer in 2022 aan haar pa vertel dat die pastoor haar verkrag het terwyl sy by hom gebly het. Die verkragting het in 2019 begin, gewoonlik wanneer die pastoor se vrou nagskof gewerk het. 'n Saak van verkragting en seksuele aanranding is geopen en toegewys aan Speurdersersant Isaac Ntsepe van die Trompsburg-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings. Die man is tot twee lewenslange tronkstraf gevonnis, met nog vyf jaar vir aanranding. Sommige van die vonnisse loop gelyktydig. Hy is ook ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit. Die polisie verwelkom die vonnis en moedig slagoffers aan om sake onmiddellik aan te meld.







Comments