Een van die verdagtes in ’n Bloem-dubbelmoord verskyn in die hof
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 11
- 1 min read
‘n Verdagte het vlugtig in die Bloemfontein Landdroshof verskyn in verband met die moord op twee vroue in Namibia Square.
Volgens Daily Sun is hy die naweek saam met vier ander mans in hegtenis geneem nadat die liggame van twee vroue in die straat gevind is.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê beamptes op roetinepatrollie het die vroue met noodlottige skietwonde aan die agterkop aangetref.
Nooddienste het hulle op die toneel dood verklaar.
Die beskuldigde staan tereg op twee aanklagte van moord, asook die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en oortreding van die Immigrasiewet.
Die saak is tot volgende week vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel.
Die ander vier verdagtes het nie in die hof verskyn nie.







Comments