EFF kritiseer die begroting
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 26
- 1 min read
Die EFF meen die jongste begrotingsrede is grootliks gedryf deur ’n poging om die Internasionale Monetêre Fonds te beïndruk.
EFF-leier Julius Malema het aan die media gesê gewone Suid-Afrikaners sal steeds onder die nuwe begroting gebuk gaan.
Hy voeg by die party het verwag dat meer fondse aan beleggings en infrastruktuur toegeken sou word om werkskepping aan te help in ’n land met ’n hoë werkloosheidsyfer.
LUISTER HIER:
Julius Malema







Comments