Emma Powell skep glo 'n negatiewe prentjie in Amerika
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 18, 2025
- 1 min read
Die DA se nasionale woordvoerder oor buitelandse sake, Emma Powell, het glo ʼn valse en negatiewe narratief oor Suid-Afrika tydens ʼn besoek aan Washington in Februarie gedryf – die einste besoek wat Andrew Whitfield sy adjunkministerskap gekos het.
Dit is volgens 'n uitgelekte verslag van die Staatsveiligheidsagentskap wat glo in opdrag van president Cyril Ramaphosa opgestel en onlangs aan die nasionale veiligheidsraad voorgelê is.
Na bewering het Ramaphosa op grond van dié verslag Whitfield as adjunkminister van handel, nywerheid en mededinging verwyder.
Maroela Media berig The Sowetan is in besit van die beweerde verslag. Dié dagblad het gister berig Powell staan sentraal in die organisering van ʼn “ongemagtigde” reis na die VSA.
Powell ontken die aantygings en hou vol sy en Whitfield was van meet af duidelik oor die aard van hul besoek aan Washington. Sy meen die verslag word gebruik om ʼn verskuilde politieke agenda te dryf.






Comments