top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ervarings is verdeeld vir die Afrikaner-vlugtelinge in Amerika

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 22
  • 1 min read

Ervarings blyk verdeeld te wees oor die Afrikaner-vlugtelinge wat sedert Mei verlede jaar in Amerika gevestig is.


Netwerk24 berig een egpaar, wat onder 'n skuilnaam gepraat het, sê hulle is sedert hul aankoms in Rochester, New York, feitlik aan hul eie lot oorgelaat, ondanks die feit dat hulle deel is van ’n amptelike hervestigingsprogram.


Die egpaar se bewerings sluit aan by 'n berig uit The Free Press wat beweer dat sommige Afrikaner-vlugtelinge in plekke vol kakkerlakke bly, en dat hulle hul maaltye moes verminder om geld te spaar. ’n Voormalige boer sê in die artikel hy en sy gesin moes in ’n vuil, gemufde kelderwoonstel bly, in ’n gebied met hoë misdaadvlakke, dwelmgebruikers en prostitusie.


Daarteenoor is Werner en Naomi Stolz van Pretoria vol lof oor hul ontvangs in Suid-Carolina. Hulle sê hul ervaring stem grootliks ooreen met wat vooraf aan hulle verduidelik is. Hul huurgeld is betaal, hul munisipale dienste gedek en hulle kry ook ’n kostoelae.


Hulle sê die een groot teleurstelling is dat hulle nog nie werk gekry het nie, maar hulle bly optimisties.


GRAFIKA: Pinterest
GRAFIKA: Pinterest

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page