top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Eskom verwelkom beleggingsplan vir transmissie-uitbreiding

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 7, 2025
1 min read

Eskom het die regering se plan verwelkom om die private sektor te betrek by die befondsing van die uitbreiding en modernisering van Suid-Afrika se transmissie-infrastruktuur. Volgens Newskoop is die doel om 440 miljard rand in te samel om 14-duisend kilometer se transmissielyne oor die volgende tien jaar te ontwikkel. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, het vroeër regulasies in die Staatskoerant gepubliseer waarin die Nasionale Tesourie die befondsingsmodel en kredietwaarborge uiteensit. Eskom se voorsitter, Mteto Nyati, sê die betrokkenheid van die private sektor is goeie nuus vir energiesekerheid. Nyati meen die private sektor het beskikbare fondse en is gewillig om by te dra tot die modernisering van die kragnetwerk.

 
 
 

Comments


bottom of page