top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Eunice se groen-harte is gebreek

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 6, 2025
  • 1 min read

Na ‘n dekade as Hoërskool Eunice se skoolhoof sal Zinette de Wet, vanaf 1 April vanjaar, haar nuwe rol as Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (AHMP) se skoolhoof inneem. Eunice, wat vanjaar hul 150ste verjaarsdag vier, sê ín ‘n plasing op sosialemedia hulle groen-harte is gebreek, maar hulle weet De Wet sal AHMP sonder twyfel lei en hulle na nuwe hoogtes neem. AHMP vier vanjaar hul 105ste verjaarsdag en beide skole is geweldig trots op hul nederige begin, tradisies en sukses. Eunice sê verder alhoewel hulle De Wet baie gaan mis, sal hulle die herinneringe en die tyd saam met haar koester. Hulle wens haar ook alle voorspoed toe vir die nuwe opwindende hoofstuk en sê hulle ondersteun haar besluit om naby haar kinders en kleinkinders te wees.

 
 
 

Comments


bottom of page