top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Eunice se koor wen sing-sing twee pryse by die Applous-koorkompetisie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 5, 2025
1 min read

Die Eunice High School in Bloemfontein se Vitae Cantamus-koor het twee pryse los gesing op die ATKV-Applous-kompetisie.

Dit is die oudste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika, en die finale rondte is vanjaar vir die 48ste keer aangebied. Meer as 290 kore landwyd het deelgeneem.

Bloemnuus berig as Engels-mediumskool het Eunice die prys gewen vir die beste uitvoering van ‘n Afrikaanse komposisie. Hulle het ook weggestap met die prys vir die beste uitvoering van ‘n voorgeskrewe werk.

Algeheel het Eunice tweede gekom in die Hoërskool Meisieskoor-afdeling met ‘n uitslag van 93,53%.

Koorlid Tayler Ririe sê dit was 'n voorreg om passie met so baie ander te deel.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page