top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Fadiel Adams gaan by die Madlanga-kommissie getuig

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 1
  • 1 min read

Die woordvoerder van die Madlanga-kommissie, Jeremy Michaels, het bevestig dat die leier van die National Coloured Congress en parlementslid, Fadiel Adams, op 11 Augustus voor die kommissie sal verskyn.


Daar word verwag dat Adams getuienis sal lewer met betrekking tot klagtes wat hy teen senior misdaadintelligensiebeamptes ingedien het, wat gelei het tot ‘n ondersoek deur die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie (Idac) en daaropvolgende arrestasies.


Michaels sê Adams is in Oktober verlede jaar eers met ‘n Reël 3-kennisgewing bedien.

Hy sê Adams is nou geskeduleer om in die volgende twee weke te getuig.


Fadiel Adams. FOTO: Facebook
Fadiel Adams. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page