top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Filippynse storm neem 116 lewens

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 28, 2024
1 min read

Minstens 116 mense is dood en 39 word vermis na die tropiese storm Tramidie die Filippyne getref het. Die storm het meer as ses miljoen mense geraak en oor ‘n halfmiljoen mense ontheem gelaat. berig dat in die erg geteisterde Bicol-streek het 38 verdrink, terwyl grondverskuiwings in die Batangas-provinsie minstens 55 mense se lewens geneem het. Hulpverleners soek steeds na ‘n gesin van sewe wat moontlik deur vloedwaters meegesleur is. Klimaatsverandering word as ‘n bydraende faktor tot die verergerde stormintensiteit in die Asië-Stille Oseaan-streek beskou.

 
 
 

Comments


bottom of page