top of page

Floyd staar kritiek in gesig te midde van besoek aan Bushiri

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 20
  • 1 min read

Die MK-party se sekretaris-generaal, Floyd Shivambu, staar kritiek in die gesig ná sy besoek aan die voortvlugtige Shepherd Bushiri se kerk. Shivambu het ‘n Paaskerkdiens in Malawi by die Enlightened Christian Gathering bygewoon. Die Departement van Justisie het Shivambu veroordeel en hom daarvan beskuldig dat hy die land se regstelsel minag. Dit is omdat die Malawiese profeet en sy vrou in 2020 landuit gevlug het nadat hulle van verkragting en bedrog aangekla is. Die land het sedertdien stappe geneem om die egpaar uit Malawi uit te lewer. Intussen het die MK-party hom van Shivambu se besoek gedistansieer. Die party beweer dat Shivambu Bushiri uit eie wil besoek het.

 
 
 

Comments


bottom of page