'FlySafair gaan voort soos normaal'
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 22
- 1 min read
FlySafair het gesê besprekings en bedrywighede sal soos normaal voortgaan, ondanks die feit dat die lugredery na die Nasionale Verbruikerstribunaal verwys is oor die oorbespreking van vlugte.
Dit volg op bevindings dat die laekoste-lugredery moontlik sekere bepalings van die Wet op Verbruikersbeskerming oortree het.
EWN berig FlySafair voer aan dat die Wet op Verbruikersbeskerming uitdruklik voorsiening maak vir oorbespreking, mits kliënte billik behandel word wanneer ontwrigtings plaasvind. Die maatskappy verdedig oorbespreking van vlugte en noem dit "standaard wêreldwye lugvaartpraktyk".
Flysafair sê meer as 99,98% van kliënte het gedurende die tydperk onder hersiening suksesvol gereis, en bygevoeg dat slegs ’n klein gedeelte van passasiers toegang tot vlugte geweier is. Hulle is terugbetalings, herbesprekings of vergoeding aangebied.
Rosestad-nuus het vroeër berig die saak sal nou deur die Nasionale Verbruikerstribunaal beslis word, wat kan bepaal of die lugredery se praktyke verbruikersbeskermingswette oortree het.








Comments