top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ford Rangers word weens ’n veiligheidsfout herroep

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 31
1 min read

Meer as 2 200 Ford Ranger-dubbelkajuitvoertuie word weens ’n veiligheidsfout herroep.


Dié voertuie, wat vir die 2026-2027-produksiejaar vervaardig is en sedert Mei vanjaar landwyd deur Ford-franchisehandelaars verkoop word, is ook na Namibië, Botswana, Lesotho en Eswatini uitgevoer.


Maroela Media berig die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) sê die verskaffers voer aan dat die kantgordynlugsakke van die betrokke voertuie tydens opblaas met die B-pilaarafwerking in aanraking kom en moontlik nie soos beoog ontplooi nie. Indien dit gebeur, kan die B-pilaarafwerking van die voertuig loskom en wegskiet wanneer die kantgordynlugsak ontplooi.


Verbruikers word versoek om hul voertuie na die naaste gemagtigde Ford-handelaar te neem om ’n inspeksie en herstelwerk te reël. Enige remediërende werk sal sonder enige koste vir die verbruiker uitgevoer word.


Die Ford Ranger Sport. FOTO: Maroela Media
Die Ford Ranger Sport. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page