Forum4SA is bekommerd oor uitgelekte Misdaadintelligensie-inligting
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 days ago
- 1 min read
Forum4SA sê hy is bekommerd oor bewerings dat vertroulike misdaadintelligensie-inligting moontlik met parlementslede gedeel is.
Die bewerings het tydens die verrigtinge van die Madlanga-kommissie van ondersoek na vore gekom.
Forum4SA sê die kwessie laat ernstige vrae ontstaan oor die integriteit en vertroulikheid van ondersoeke.
Die organisasie waarsku dat die bekendmaking van vertroulike inligting aan ongemagtigde persone openbare vertroue in wetstoepassings- en toesighoudende instellings kan ondermyn.
Forum4SA voeg by geen vertroulike inligting behoort uitgelek te word op 'n manier wat die integriteit van 'n ondersoek in gevaar stel nie.








Comments