top of page

FOTO'S: Drie kinders se ongeluk word roerend langs die N8 herdenk

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 24
  • 1 min read

Updated: Jan 25

"Vandag is 'n dag, net soos enige dag. Maar dis omdat elke dag vir ons 'n hartseer dag is."


So sê Tinkie Jonck, ouma van die Smit-boeties, Ryan en Ayden, sowel as hul niggie Leané van Papendorp, wat in 'n motorongeluk op die N8-hoofweg naby die Aljo’s Superspar in Bloemfontein dood is.


'n Intieme kranslegging is op die een jaar herdenking van die ongeluk, wat op 24 Januarie verlede jaar gebeur het, by die toneel gehou. Familie en vriende was teenwoordig.


Andre van Zyl, wat die herdenking gereël het, vertel die houtkruise en teddiebere is spesiaal vir die kinders laat maak.


Jonck vertel voorts daar is nie 'n dag wat verby gaan wat nie pyn het nie.


LUISTER:


Tinie Jonck

Tennique Joubert, wat die ongeluk oorleef het, met balonne vir haar drie maatjies. FOTO'S: Ilde Roos / Rosestad-nuus
Tennique Joubert, wat die ongeluk oorleef het, met balonne vir haar drie maatjies. FOTO'S: Ilde Roos / Rosestad-nuus

Rosestad-nuus het vroeër berig die 20-jarige Tristan Kearney het reeds sy tweede verskyning in Bloemfontein se streekhof gemaak. Hy sal weer op 24 Maart in die hof verskyn op drie aanklagte van strafbare manslag, een van roekelose en nalatige bestuur, die verontagsaming van ‘n padverkeersteken, asook die oortreding van regulasies wat betrekking het op die aantal mense wat hy met dié voertuig kon vervoer.


Daar word verwag dat hy dan op die aanklagte sal pleit.




Recent Posts

See All
Niemand is nog na berugte N8-ongeluk vervolg nie

Vyf maande ná die berugte ongeluk op die N8 by die Aljo’s Superspar verkeerslig buite Bloemfontein, wat die lewe van drie Dr. C.F.Visser-leerders geëis het, is niemand nog vervolg nie. Die 19-jarige

 
 
 

Comments


bottom of page