top of page

FWA trek ‘n vermeende fietsdief vas

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 12
  • 1 min read

ʼn Verdagte is kort ná middernag in Kommandostraat, Wilgehof, vir diefstal en onwettige betreding in hegtenis geneem.


Volgens die Fichardtpark woonbuurtvereniging (FWA) in Bloemfontein se sosiale media-blad het ʼn veiligheidsbeampte ʼn man opgemerk wat aan hekke geruk en sakke oopgeskeur het.


Verdere patrollies deur veiligheidsdienste het die verdagte later in ʼn parkie aangetref waar hy plat gelê het.


Hy is vasgetrek nadat dit vasgestel is dat ʼn fiets uit ʼn perseel in Kommandostraat gesteel is.


Die polisie se blitspatrollie het hom op die toneel in hegtenis geneem.


Hy is na die Parkweg-polisiestasie vir aanhouding en verdere ondersoek geneem.


FOTO: Facebook / FWA
FOTO: Facebook / FWA

Comments


bottom of page