G20: Die eerste besoekers land in Suid-Afrika
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 21
- 1 min read
Verskeie leiers van toonaangewende ekonomieë het in Suid-Afrika aangekom om hierdie naweek se G20-beraad in Johannesburg by te woon. Leiers wat reeds in die land is, sluit in die Australiese premier, Anthony Albanese, en die president van die Europese Unie-kommissie, Ursula von der Leyen.
Intussen het President Cyril Ramaphosa saam met Von der Leyen en die President van die Europese Raad, António Costa, vergader. Hulle het die versterking van die vernootskap tussen Suid-Afrika en die Europese Unie (EU) bevestig.
Hulle het ook hul steun vir multi-lateralisme en ’n regverdige, volhoubare vrede in Oekraïne, Soedan en die Palestynse gebiede herhaal.
Die EU het verder verskeie projekte aangekondig onder sy 12 miljard euro Global Gateway-pakket, insluitend steun vir groen waterstof, kritieke minerale en Transnet.






Comments