G20: Ramaphosa sê Suid-Afrika het ‘n suksesvolle presidentskap aangebied
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 24
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het ‘n suksesvolle G20-presidentskap afgehandel en lande gelei tot ooreenkoms oor komplekse globale kwessies.
Hy het Maandag in sy weeklikse nuusbrief besin oor die land se G20-presidentskap, wat gefokus het op die temas van solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid. Meer as 130 vergaderings het duisende afgevaardigdes dwarsdeur die jaar na die land gelok voor die G20-leiersberaad.
Volgens Ramaphosa was die G20 belangrik vir Suid-Afrika om sy rol in internasionale sake te verstewig, groei te ondersteun en werk te skep.
Die president sê die beraad se sukses, tesame met die ekonomie se verbeterende prestasie, toon dat Suid-Afrika ‘n land is wat vorentoe beweeg.





Comments