Suid-Afrika is reg vir die G20 ten spyte van afwesighede
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 13
- 1 min read
Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika is gereed om later hierdie maand ‘n suksesvolle G20-beraad aan te bied.
Newskoop berig Mashatile het Donderdag by die Knysna-beleggingskonferensie gesê dat die land gereed is om Afrika en die res van die wêreld sy warm gasvryheid te betoon. Mashatile sê Suid-Afrikaners moet die wêreld wys dat hulle die land bou waarvan Nelson Mandela gedroom het.
Intussen berig News24 dat China se president, Xi Jinping, ook nie die beraad gaan bywoon nie. Hy sal deur sy premier, Li Qiang, verteenwordig word. Xi se onttrekking volg kort op die nuus dat Mexiko se president Claudia Sheinbaum Pardo en Argenitinië se Javier Milei ook nie Johannesburg toe kom nie.
Amerika se pres. Donald Trump het vroeër aangekondig dat sy administrasie die beraad gaan boikot omdat hy ontevrede is met van die Suid-Afrikaanse regering se beleidsrigtings.
Hierop het president Cyril Ramaphosa volgens Maroela Media geantwoord dat dit hulle verlies is, aangesien fundamentele besluite geneem gaan word.






Comments