top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

GBV: Geen borgtog kan meer by polisiestasies aan verdagtes toegestaan word nie

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago
1 min read

Die bevoegdheid van die polisie en aanklaers om in gevalle van geslagsgebaseerde geweld borgtog by polisiestasies toe te staan is verwyder.


Dit is volgens die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga.


Sy sê in 'n toespraak wat op die regering se webtuiste geplaas is dat dié bevoegdheid deur belangrike wysigings aan die Strafproseswet verwyder is, en dit verseker dat slegs howe dié besluit kan neem ná ’n deeglike verhoor.


Sy voeg by 'n historiese mylpaal is bereik nadat die Nasionale Raad vir Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord formeel ingestel is, en die raad se direksie is suksesvol ingehuldig, beëdig en aan die werk gesit.


Sy sê ’n omvattende nasionale aksieplan word nou van hierdie raad verwag.


Sindisiwe Chikunga. FOTO: Sunday World
Sindisiwe Chikunga. FOTO: Sunday World

 
 
 

Comments


bottom of page