top of page

'Geen beter plek om bek-en-klouseer te stop as by 'n padblokkade nie'

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 29
  • 1 min read

Die voorsitter van die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) in die Vrystaat, PD Cilliers, sê daar is nie ’n beter plek om bek-en-klouseer te briek as by ’n padblokkade nie. Hy sê dit is die eerste linie van verdediging teen die verspreiding van dié dieresiekte.

Volgens Volksblad sê polisiewoordvoerder, Kaptein Loraine Earle, die polisie voer gereeld padversperrings op die Vrystaatse hoofpaaie uit. Dié operasies is nie uitsluitlik daarop gemik om bek-en-klouseer te takel nie, maar dit bly dit een van die kwessies waarop sulke inspeksies fokus.

Sy sê beamptes by dié padversperrings kyk tipies of dokumentasie aan die Veediefstalwet voldoen, insluitend ’n vervoerpermit, asook ’n dokument waarin ’n veearts die diere as veilig om vervoer te word, verklaar het. Sy sê dit word wetlik vereis om dié dokumente byderhand te hê wanneer vee vervoer word.

 
 
 

Comments


bottom of page