top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Geen datum is nog verskaf vir Roelf Meyer se vertrek na Washington

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 20
  • 1 min read

Nóg die regering nóg Dirco kan sê wanneer Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in die VSA, Roelf Meyer, na Washington sal vertrek nie.


President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, het aan Maroela Media gesê daar is ʼn administratiewe proses wat aan die VSA se kant voltooi moet word. Die adjunk-direkteur-generaal van openbare diplomasie by Dirco, Clayson Monyela, sê ook dit is nog vroeg in die dag.


Rosestad-nuus het vroeër berig Meyer is verlede week as Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in die VSA aangewys. Die aanstelling is sedertdien vanuit sekere oorde verwelkom en uit ander veroordeel.


'n Ou foto van Roelf Meyer en president Cyril Ramaphosa. FOTO: Maroela Media
'n Ou foto van Roelf Meyer en president Cyril Ramaphosa. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page