top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Geen watergehalteprobleme is by die Nandoni-dam opgespoor nie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 6, 2025
1 min read

Ondanks berigte oor visse wat by die Nandoni-dam in Limpopo vrek, sê die Departement van Water en Sanitasie daar is geen watergehalteprobleme opgespoor nie. Die departement het verlede maand ‘n verslag ontvang oor dooie visse wat in die dam dryf. Volgens die departement is dit net een uit vyf visspesies wat geraak word. Voorlopige resultate het aan die lig gebring alle watergehalteparameters, insluitend opgeloste suurstof en chemiese suurstofbehoefte, is binne aanvaarbare perke volgens voorgeskrewe standaarde. Die departement doen ‘n beroep op gemeenskapslede om nie die dooie vis te eet of te verkoop nie, aangesien dit ernstige gesondheidsrisiko’s kan inhou.

 
 
 

Comments


bottom of page