Gems is onder druk weens stygende gesondheidsorgkoste

Aug 27
1 min read
Te midde van stygende gesondheidsorggebruik en hoëkoste-eise het die Mediese Skema vir Staatsamptenare (Gems) het ‘n netto tekort van R98-miljoen vir middel-2026 gerapporteer.
Die skema het die Portefeuljekomitee oor Staatsdiens en Administrasie ingelig.
Gems sê sy lidmaatskap het tot byna 900 000 hooflede gegroei, maar lede het steeds uitdagings ondervind wat verband hou met mediese inflasie, uitgawes uit eie sak en verskafferfaktureringsbedrog.
Volgens die skema is ‘n voorgestelde vermindering in die bydraeverhoging tot sewe-komma-vyf persent deur die reguleerder verwerp.
Dit het egter volgehou dat sy bydraes aansienlik laer gebly het as dié van opemark-alternatiewe.








Comments