‘Geskiedenis kan nie verskraal, verdraai of verwyder word nie’
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 9
- 1 min read
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) waarsku dat voorgestelde veranderinge aan die geskiedeniskurrikulum ’n aanval op historiese waarheid kan wees.
Dit is volgens die organisasie se uitvoerende hoof, Danie Langer. Hy voeg by die geskiedenis kan nie verskraal, verdraai of verwyder word om ’n politieke ideologie te dryf nie.
Die reaksie volg nadat die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, voorgestelde wysigings in die Staatskoerant gepubliseer het. Volgens Langer kan die veranderinge die land se geskiedenisverhaal verarm en leerders ontneem van ’n breër begrip van hoe Suid-Afrika gevorm is.
Hy waarsku in ‘n mediaverklaring spesifiek teen die moontlike verwydering van sleutelgebeure soos die Anglo-Boereoorlog uit die kurrikulum.
Die FAK doen ’n beroep op die publiek om deel te neem aan die debat en hul stemme te laat hoor oor die voorgestelde veranderinge.








Comments