Gesondheidsdepartement verdedig ’n vrou se lang wag vir ’n kraambed
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 14
- 1 min read
’n Hoogswanger vrou het vir drie dae in Pelonomi-staatshospitaal in Bloemfontein gewag voordat sy op Woensdag 14 Mei aan ’n gesonde baba geboorte gegee het. Volgens die Vrystaatse Departement van Gesondheid se woordvoerder, Mondli Mvambi, kan onlangse berigte oor ’n pasiënt wat twee nagte op ’n stoel en een nag op ’n matras op die vloer geslaap het, misleidend wees. Hy sê aan Rosestad-nuus daar was nie ’n bed vir haar beskikbaar nie, maar sy was nie in ’n kritieke toestand nie. Sy is wel onder bewaking gehou vir ingeval haar toestand sou verander. Mvambi sê indien dit nodig was, sou sy na enige ander hospitaal oorgeplaas kon word indien Pelonomi haar nie kon help nie.





Comments