Gesondheidsdepartement vra Suid-Afrikaners moet gesonder keuses maak

Feb 5, 2025
1 min read
Die Departement van Gesondheid doen ‘n beroep op die publiek om gesonder keuses te maak, soos om te oefen en op te hou rook, om die risiko van kanker te verminder. Dit kom terwyl die wêreldgemeenskap Wêreldkankerdag herdenk het, wat jaarliks op 4 Februarie gevier word. Die adjunkminister van gesondheid, Joe Phaahla, het ‘n geleentheid in Soweto in Gauteng, om die dag te vier en bewusmaking van kanker te kweek, gelei. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê diegene wat die geleentheid bygewoon het, het gratis mammogramme, kliniese ondersoeke, longfunksie-assesserings en vele ander toetse gekry.








Comments