top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Gespesialiseerde spanne is na ‘n Rustenburg-myn ontplooi

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Puleng Dimpane, het bykomende gespesialiseerde spanne na Rustenburg in Noordwes ontplooi.


Die spanne sal reddings-, herwinnings- en ondersoekoperasies by ’n ongebruikte myn versterk, waar 14 vermeende zama-zamas vroeër vandeesweek oorlede is.


Agt oorlewendes is op die toneel gevind.


Reëlings duur voort om die oorledenes te identifiseer en nadoodse ondersoeke uit te voer.


’n Polisiewoordvoerder, generaal-majoor Nonkululeko Phokane, sê hulle werk saam met relevante belanghebbendes om die omstandighede rondom die voorval vas te stel.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page