Getuie D se moordverdagte verskyn weer in die hof
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 13
- 1 min read
Die man wat aangekla word van die moord op Marius van der Merwe, ook bekend as Getuie D by die Madlanga-kommissie, Matipandile Sotheni, sal in die landdroshof in Brakpan verskyn.
Die saak sal Maandag fokus op prosedurele aangeleenthede, insluitend die voortsetting van die borgtogaansoek, nadat Sotheni vroeër regsverteenwoordiging verwerp het.
Van der Merwe is in Desember verlede jaar buite sy huis doodgeskiet. Hy het voorheen getuig oor beweerde korrupsie en ’n moordtoesmeerdery.






Comments