top of page

Getuie D word ter ruste gelê

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 17, 2025
  • 1 min read

Die man wat as Getuie D voor die Madlanga-kommissie bekend staan, Marius van der Merwe, word Woensdag in Brakpan ter ruste gelê.


Hy is op 5 Desember ten aanskoue van sy vrou en kinders voor sy huis met ’n AK-47-aanvalsgeweer doodgeskiet.


Netwerk24 berig Van der Merwe het skokkende getuienis gelewer oor beweerde georganiseerde misdaad waarby wetstoepassingsbeamptes en private sekuriteitspersoneel in die Ekurhuleni-metro betrek word. Onder meer het hy getuig dat hy van ’n liggaam moes ontslae raak nadat ’n verdagte in ’n pakhuisrooftog deur wetstoepassingsbeamptes vermoor is, vermoedelik om R500 000 te bekom.


Van der Merwe het onder die skuilnaam Getuie D getuig. Alhoewel sy gesig nie aan die kommissie bekend was nie, kon hulle sy stem hoor. Hy is omstreeks ’n maand ná sy getuienis doodgeskiet.


Marius (Vlam) van der Merwe. FOTO: Facebook
Marius (Vlam) van der Merwe. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page