Gevangenes sukkel om te bel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 14 hours ago
- 1 min read
Gevangenes sukkel om hul families te kontak nadat bevind is dat slegs 388 van 2 050 telefone by korrektiewe fasiliteite operasioneel is.
Die Departement van Korrektiewe Dienste sê die uitfasering van Telkom se koperinfrastruktuur het gereelde onderbrekings veroorsaak.
Hulle beplan om 'n bod vir 'n nuwe gevangene-kommunikasiestelsel te adverteer.
Intussen het die Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste tydens 'n toesigbesoek aan die Brandvlei-korrektiewe sentrum in die Wes-Kaap ook kommer uitgespreek oor personeeltekorte, oorbevolking, smokkelware, sekuriteitsrisiko's en gesondheid en veiligheid.
Die komitee het die bestuur daaraan herinner dat gevangenes 'n grondwetlike reg het om hul griewe te kommunikeer.








Comments