GHOLF: Plek op die spel by die Augusta Meesters vir volgende jaar se SA Ope kampioen
- Armando Pieters

- Aug 28
- 1 min read
Die wenner van volgende jaar se Suid-Afrikaanse Ope sal ’n uitnodiging ontvang om aan die 2026 Meesterstoernooi by Augusta deel te neem. Die Sonskynreeks het dié aankondiging vroeër die week gedoen. Die beheerliggaam van die Britse Ope het ook die belangrikheid van die SA Ope beklemtoon wat by die Stellenbosch-gholfklub beslis word waar dié toernooi ook ‘n kwalifiserings-toernooi sal wees vir Royal Birkdale. Dylan Naidoo is tans die SA Ope kampioen en sal sy titel volgende jaar in die Eikestad verdedig.





Comments