top of page

Godongwana is as waarnemende president aangestel

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 22
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, as waarnemende president aangestel tot volgende week Maandag 27 Oktober.


Die aanstelling volg nadat Ramaphosa verskeie internasionale besoeke sal onderneem. Die adjunkpresident, Paul Mashatile, is in hierdie tyd met verlof.


Ramaphosa besoek hierdie week Indonesië, Viëtnam en Maleisië, en later ook Switserland. Volgens die Presidensie is die doel van die besoeke om handels- en beleggingsbande te versterk en voorbereidings te bevorder vir die G20-leiersberaad wat in November in Johannesburg plaasvind.


Enoch Godongwana. FOTO: Bloomberg
Enoch Godongwana. FOTO: Bloomberg

 
 
 

Comments


bottom of page