Golden Gate het nou 'n 'foefieslaaid'
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 17 minutes ago
- 1 min read
Besoekers aan die Golden Gate-Hoogland-Nasionale Park kan die Vrystaatse landskap nou vanuit ʼn heel ander hoek beleef, met ’n nuwe "foefieslaaid" wat hulle oor sewe kabels en platforms neem.
Maroela Media berig SANParke het dié naweek die Golden Gate-"foefieslaaid" amptelik bekendgestel.
Volgens die woordvoerder van SANParke, JP Louw, begin die Golden Gate-"foefieslaaid" op ʼn hoogte van ongeveer 1 300 m bo seevlak.
Volgens Louw is die nuwe foefieslaaid ʼn aanvulling tot die bestaande aanbod by die Golden Gate-Hoogland-Nasionale Park.








Comments