top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Groen ID-boeke word eersdaags nie meer vervaardig nie

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
4 hours ago
1 min read

Die vervaardiging van die groen Suid-Afrikaanse ID-boekie sal op 31 Maart 2027 gestaak word.


Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het Donderdag gesê die voortgesette gebruik van die groen ID-boek is onversoenbaar met die werking van ’n moderne samelewing.


The Citizen berig die minister het die groen ID-boek beskryf as een van die dokumente op die vasteland wat die meeste aan bedrog onderwerp word, en gesê dit is ’n magneet vir identiteitsdiefstal en onwettige immigrasie.


Hy sê die uitbreiding van Smart ID-kaarte en die nuwe Digitale ID-stelsel sal uiteindelik aan elke Suid-Afrikaner veilige bewys van identiteit bied.


Volgens die regering se webtuiste sal Suid-Afrikaners wat steeds die groen ID-boekie het, 'n verdere 12 maande hê om oor te skakel na die Slim ID-kaarte.


Ter illustrasie. FOTO: X
Ter illustrasie. FOTO: X

 
 
 

Comments


bottom of page