Jehovah se Getuies word geloof vir die verandering van hul standpunt oor bloedoortappings

57 minutes ago
1 min read
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het Jehovah se Getuies geloof vir die verandering van hul jarelange standpunt oor bloedoortappings.
Lede kan nou self besluit of hulle geskenkte rooibloedselle, witbloedselle, plasma en bloedplaatjies wil aanvaar. Die godsdiensgroep verbied egter steeds bloedoortappings met volbloed.
Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê dit is nie ’n groot bekommernis vir die gesondheidstelsel nie. Hy sê hospitale ontmoedig reeds dekades lank die gebruik van volbloed vir gewone bloedoortappings, omdat dit onbekostigbaar is en dikwels nie nodig is nie.
LUISTER HIER:
Foster Mohale








Comments