Grondbesetting in die Metro bereik kookpunt
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 10
- 1 min read
Die Mangaung Metro Munisipaliteit gaan eersdaags vredesbeamptes aanstel om in te gryp by vullisbeheer waar grondbesetters dreig. So sê die munisipale bestuurder, Sello More, in antwoord op die DA se waarskuwing dat voortdurende probleme met onwettige grondbesetters in die metro kookpunt bereik het. Netwerk24 berig verder volgens DA-raadslid, Selme Pretorius, word informele nedersettings in oop ruimtes opgerig en die situasie raak al hoe meer buite beheer. Sy voeg by brandgevare is ‘n beduidende bron van kommer, en boonop is misdaadsyfers in die gebiede geneig om te styg. Volgens More het die metro wel ‘n amptelike afdwingstrategie, maar dat kapasiteit steeds die grootste uitdagings bly.





Comments