top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Grondruilstransaksie vir nuwe winkelsentrum in Bloemfontein goedgekeur

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 31, 2025
1 min read

Die Mangaung Metro Munisipaliteit het die groen lig gegee vir ‘n grondruiltransaksie sodat ‘n nuwe winkelsentrum in Brandwag gebou kan word. Volgens Netwerk24 behels die grondruiltransaksie tussen die ontwikkelaar, Pareto, en die Metro ‘n erf in Brandwag asook ‘n deel van Stapelbergstraat. Pareto benodig ‘n deel van die Metro se grond om met sy ontwikkeling voort te gaan, en die Metro benodig ‘n deel van die ontwikkelaar se grond vir die heruitleg van omliggende strate. Die padheruitleg is noodsaaklik om die verkeersvloei te verbeter. Die voorwaardes vir die goedkeuring van die ruiling sluit in ‘n verkeersimpakontleding, dat ‘n deel van Stapelbergstraat vir openbare toegang beskikbaar moet bly en dat daar ook ‘n openbardeelnameproses gehou word waar die gemeenskap insette kan lewer.

 
 
 

Comments


bottom of page