Grondruilstransaksie vir nuwe winkelsentrum in Bloemfontein goedgekeur
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 31
- 1 min read
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het die groen lig gegee vir ‘n grondruiltransaksie sodat ‘n nuwe winkelsentrum in Brandwag gebou kan word. Volgens Netwerk24 behels die grondruiltransaksie tussen die ontwikkelaar, Pareto, en die Metro ‘n erf in Brandwag asook ‘n deel van Stapelbergstraat. Pareto benodig ‘n deel van die Metro se grond om met sy ontwikkeling voort te gaan, en die Metro benodig ‘n deel van die ontwikkelaar se grond vir die heruitleg van omliggende strate. Die padheruitleg is noodsaaklik om die verkeersvloei te verbeter. Die voorwaardes vir die goedkeuring van die ruiling sluit in ‘n verkeersimpakontleding, dat ‘n deel van Stapelbergstraat vir openbare toegang beskikbaar moet bly en dat daar ook ‘n openbardeelnameproses gehou word waar die gemeenskap insette kan lewer.





Comments