Groot dele van Bfn is onverwags sonder krag

Groot dele van Bloemfontein is onverwags sonder krag. Volgens 'n boodskap wat op sosiale media die ronde doen, is 'n verlies aan kragtoevoer by die Harvard-substasie Woensdagoggend ondervind nadat die Noord 2-lyn uitgeskop het.
Volgens die boodskap van Centlec is herstelwerk aan die gang. Kragtoevoer kan enige tyd gedurende die onderbrekingstydperk sonder waarskuwing herstel word, en alle installasies moet dus as gevaarlik beskou word.
Intussen sê Centlec op sy Facebook-blad dat die beplande kragonderbreking van Woensdag gekanselleer is. 'n Nuwe datum sal gekommunikeer word.
Die volgende areas van Bloemfontein is deur die onverwagse onderbreking geaffekteer:
Brandwag,
Tempe,
Langenhovenpark,
Heuwelsig,
Dan Pienaar,
Groenvlei,
Woodland Hills,
Noordhoek,
Bayswater,
Waverly,
Douglas Valley,
Bays Village,
Dan Pienaar,
Bayswater,
Heuwelsig,
Arboretum,
Rayton,
Helicon Hoogte,
Hillsboro,
Hamilton-pompstasie,
Navalpark,
Arboretum,
Naval Hill (mikrogolf- en FM-toring),
Westdene,
New Market,
Bram Fischer-lughawe,
Olive Hill,
PRASA (Transnet), en
Maselspoort.








Comments